Die laaste vollengte episode van 2020 is uit, uiteindelik.

Die langste jaar in jare se einde is uiteindlik hier, tuis by die plaas van GERAAS. In die Episode van GeraasPlaas: Geelstert en Riz bespreek die verskil tussen die lot en die noodlot. Wat doen dit dan aan jou en hoe lank vat die oorbruging. Dit waarna toe ons oppad is en waar ons is. …

Episode 6 van GeraasPlaas is uit

Die reisigers verwelkom ‘n goeie vriend, V by die plaas van geraas hierdie dag op planeet Aarde. Hulle bespreek idees rondom “Human enhancement” en of dit dan regverdig is teenoor die, wat nie toegang het tot dit nie. Wat behels die konsep van waarheid en hoe word dit bepaal as alles in ag geneem word, want jy kan net een deel daarvan op n slag bepaal. Voed jou verstand, mede reisigers in hierdie kluis van kennis.

Die Kultus is hier!

Volgelinge van die kultus! Dit is met groot vreugde om aan te kondig dat ons enkelsnit, “lewe sis ewel” nou beskikbaar is op Spotify! Oor die afgelope twee maande het die lede harde werk ingesit wat strek oor drie provinsies oor Suid-Afrika. Die eerste, die laaste en die enigste lied. Vir ander platforms, kyk onder …