Episode 6 van GeraasPlaas is uit

Die reisigers verwelkom ‘n goeie vriend, V by die plaas van geraas hierdie dag op planeet Aarde. V is ‘n besondere intellektueel wat strek van mikro na makro. Die reisigers het bymekaar gekom om die episode op te neem Oktober 2020, n tyd wanneer om net met jou vriende te gesels nie noodwendig die maklikste ding was nie en ons sou bid vir entjies.

Hulle bespreek idees rondom “Human enhancement” en watter groot effek hierdie het op ons evolusie, denke en alledaagse dade. Wat is “nootropics” en wat is die moontlike voordele van hierdie dinge, want koffie is ook een van hierdie middels. Is hierdie dan regverdig teenoor die, wat nie toegang het tot dit nie?

Wat behels die konsep van waarheid en hoe word dit bepaal as alles in ag geneem word? Is daar een of ander kragtige wese wat op die rand van die heelal staan en verkondig: “Hier is die waarheid!” en dan is dit so? Is dit jou waarheid? Huh?

Voed jou verstand, mede reisiger, met hierdie kluis van kennis.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *