
Dit Produksies
Dit is ‘n omvangryke,onafhanklike, kreatiewe mediaplatform waar kunstenaars en filosowe ‘n nuwe doel beoog.
Dit soek parmanente verandering. Dit is wat mense ondersteuning en motivering gee om meer te word van wat hulle is.
Dit is om ‘n kultuur van hulpvaardigheid in die kunste te kultiveer.
Dit ruk die matte waarop mense so gemaklik staan.
Dit skree.
Om elke dag meer te word van wat ons is.

Die Afrikaanse Kultus vir Alternatiewe Kinders en Besetenes
Die Afrikaanse Kultus vir Alternatiewe Kinders en Bestenes bied aan die eerste, die laatste en die enigste lied. ’n Koor vir die wat hou van verloor. Kom gerus, al ons kinders, laat ons skree!
Oor drie provinsies geskape, ‘n eens in ‘n leeftyd geleentheid, gee ons aan julle, lewe sis ewel, ‘n enkelsnit vir die gevangenes, ‘n tema vir die tonglose.
Ons gee aan julle hierdie geskenk.

Klipspringers
As ‘n kleinbegroting musiekgroep, maak Klipspringers musiek met die doel om sonder die druk van kommersialisasie ‘n eie klank te vind. Hul is gemik daarop om die musiek te vang in die oomblik waarin dit geskep is.
“dis net n fokken jammerte my bene is saam met my hande afgekap”

GeraasPlaas
Skakel in by die spirituele gesprekkamer, Geraasplaas, en raas saam met mede reisigers, oor die bisarre filosofiese uitkykke van die lewe in die 21ste eeu.
Waar reisigers bymekaar kom.

Kyk “Branders” nou.
Die Fitz Frekwensie
Skakel in | Skakel oor
Soniese landskappe wat ingekleur word met diepe digkuns